Mikrofoon

'n Mikrofoon.
'n Kondensmikrofoon.

'n Mikrofoon (van Grieks: mikros = klein en phonos = geluid, oftewel "klein geluid") is 'n elektromagnetiese onderdeel wat geluid in 'n elektriese sein omskakel sodat die klank vir versterking plaaslik en/of elders weergegee kan word, asook om 'n geluidsopname mee te maak.

'n Mikrofoon is 'n omsetter wat geluidstrillings in elektriese spanningsvariasie omsit. Hoewel gevoelige, betroubare en gesofistikeerde mikrofone nou beskikbaar is, is die beginsels waarop dit werk, lank reeds ontwikkel.

Die eerste mikrofone is teen die middel van die vorige eeu gebou, en een van hulle, die koolstofmikrofoon, was so suksesvol dat dit vandag nog gebruik word. Die koolstofmikrofoon verskaf sterk spanningsvariasies, en werk oor ʼn frekwensiegebied wat voldoende is om die menslike stem duidelik te laat klink.

Die koolstofmikrotoon is egter ongeskik vir byvoorbeeld die natuurgetroue omsetting van musiek, wat 'n baie wyer frekwensiegebied as spraak omvat, en met die ontwikkeling van die elektronika het beter mikrofone, soos die dinamiese mikrofoon, verskyn wat klank baie getrou in elektriese golwe kan omsit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search